Ingmar Bergman

Ingmar Bergman
Ingmar Bergman in 1957
Gebore
Ernst Ingmar Bergman

14 Julie 1918
Sterf30 Julie 2007 (op 89)
Fårö, Swede
NasionaliteitVlag van Swede Swede
BeroepRolprentregisseur, vervaardiger en draaiboekskrywer
EggenootElse Fisher (1943–45)
Ellen Lundström (1945–50)
Gun Grut (1951–59)
Käbi Laretei (1959–69)
Ingrid von Rosen (1971–95)
Handtekening

Ernst Ingmar Bergman[1] (14 Julie 191830 Julie 2007) was 'n Sweedse teater- en rolprentregisseur. Hy word as een van die groot meesters in rolprentgeskiedenis beskou.[2]

Hy was die regisseur van 62 rolprente (die meeste hiervan het hy self geskryf) en 170 toneelstukke. Die meeste van sy rolprente het in sy geboorteland, Swede, afgespeel. Die deurlopende temas van sy werke was dikwels mistroostig en het oor fisiese en psigiese siektes gehandel. Hy het ’n Oscar vir The Virgin Spring (1960) en Through a Glass Darkly (1962) ontvang.[3]

Bergman was vir meer as 60 jaar aktief, maar sy loopbaan was ernstig bedreig in 1976 na 'n verknoeide misdaadondersoek rakende beweerde belastingontduiking. Bergman het 'n aantal van sy produksies gestaak, sy ateljee gesluit en daarna tydens 'n selfopgelegde bannelingskap vir agt jaar vanuit Duitsland gewerk.

  1. (['ɪŋmar 'bærjman] in Sweeds)
  2. "Ingmar Bergman, Famed Director, Dies at 89". New York Times. 30 Julie 2007. Besoek op 31 Julie 2007. Uit die artikel: "Ingmar Bergman, the “poet with the camera” who is considered one of the greatest directors in motion picture history, died today on the small island of Faro where he lived on the Baltic coast of Sweden, Astrid Soderbergh Widding, president of The Ingmar Bergman Foundation, said. Bergman was 89."
  3. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search